Aanbidders het in trane vertrek

Sommige aanbidders het die kapel van Trinity College Cambridge in trane verlaat nadat gasspreker Joshua Heath verduidelik het hoe Jesus transgender kon gewees het. Joshua, wie se PhD onder toesig was van die voormalige aartsbiskop van Canterbury Rowan Williams, het die gemeente drie Renaissance- en Middeleeuse skilderye van Jesus en die 14de-eeuse Gebedsboek van Bonne van Luxemburg gewys om sy punt te verdedig. Die dekaan van Trinity College het gesê so 'n siening is 'legitiem', maar die Amerikaanse evangelis Franklin Graham het gesê die opmerkings is 'afstootlik en skandelik'. 'Om te insinueer dat Jesus Christus, die Heilige Seun van God, transgender is of om op enige manier sy offerdood aan die Kruis vir die sondes van die mensdom te seksualiseer, is volslae dwaalleer .'