Eerste Minister simboliseer Brittanje se godsdiensvryheid

Rishi Sunak se opkoms tot Eerste Minister was op die voorblaaie van die meeste van Indië se koerante. Die Evangeliese Alliansie het gesê sy aanstelling sal Brittanje se godsdienstige diversiteit weerspieël. 'As 'n nasie vier ons vryheid van godsdiens en oortuiging en dit is belangrik dat ons verskillende mense se geloofsoortuigings kan erken en hoe hulle dit beoefen. Ons moet aangemoedig word dat mense vry is om verskillende oortuigings te beoefen, maar op dieselfde manier dat ons moet staan vir die vryheid om ons eie godsdiens te beoefen.' Daar is oproepe vir 'n tydperk van 'n 'stil, stabiele regering' onder Rishi Sunak. Christelike konserwatiewe LP John Glen wat mnr Sunak sedert 2014 ken, het gesê hy glo Sunak het die integriteit, dryfkrag en intelligensie om die VK se reputasie te herstel ná die politieke en finansiële onrus van die afgelope weke.