Een van die vele vlugtelinge wat onder 'n omstrede skema vir Rwanda bestem is, is 'n Iraanse oud-polisiebevelvoerder wat vrees dat Iranse agente hom in Rwanda sal doodmaak. Iran se Revolusionêre Wag is bekend daarvoor dat hulle andersdenkendes in Afrikalande, insluitend Rwanda, ontvoer en vermoor het. Hy het via Skype getuig aan 'n tribunaal wat Iranse gruweldade tydens teen-regeringsbetogings ondersoek. Hy was in beheer van sestig polisiebeamptes toe hy geweier het om bevele te gehoorsaam om betogers tydens die saamtrekke te skiet. Hy is deur Iran se militêre hof gedegradeer en tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. 1 500 mans, vroue en kinders is in die betogings dood. Terwyl hy op borgtog hangende sy appèl was, het hy na Turkye ontsnap en veertien maande lank weggekruip, voordat hy in Mei na Engeland gevlug het. Hoewel sy gesig bedek was toe hy getuienis gelewer het, het Iran se veiligheidsmagte daarin geslaag om hom te identifiseer en het sy familie wat steeds in Iran woon, vervolg. Sien ook artikel 5 in die Wêreld-afdeling.