Ons vier alles wat in die verlede deur God se mense regoor hierdie land gedoen is: kerkplanting, sending, transformasie en maatskaplike sorg. Baie Christene glo dat God besig is om Sy mense terug te neem na die wortels en fondamente van Sy evangelie, en 'n volk vry te stel en te bemagtig wat in die mandaat van hierdie seisoen sal beweeg - om dissipels van alle nasies te maak. Bid dat apostels op nuwe vlakke van gesag sal opstaan, deur God se mense te bou, te bemagtig en toe te rus, sodat die Koninkryk vrygestel sal word in alle areas van die samelewing. Bid dat leraars opgewek word, om die woord in al sy volheid van waarheid te verkondig, en die Kerk terug te roep na sy eerste liefde. Bid dat evangeliste die heiliges sal onderrig en toerus – sodat die evangelie in alle gemeenskappe verkondig word met tekens en wonders wat daarop volg.