Print this page

Justin Welby - behuisingskrisis

Die aartsbiskop van Canterbury het 'n nuwe kommissie van stapel gestuur om te ondersoek hoe die Kerk kan help om Brittanje se behuisingskrisis op te los. Die behuisingstekort is een van die 'groot uitdagings' wat Brittanje in die gesig staar. Hy het gesê die nasie moet daaraan dink om sterk gemeenskappe te bou, nie net bakstene en sement nie. Akademici en teoloë sal Christelike perspektiewe oor die voorsiening van bekostigbare huise en florerende woonbuurte bespreek. Die kommissie volg op die aartsbiskop se boek wat verlede jaar gepubliseer is, Reimagining Britain, waarin hy behuising van goeie gehalte met gelykheid en geregtigheid verbind het. Die verslag beveel aan dat duisende hektaar ongebruikte kerkgrond gebruik word om bekostigbare huise in die volgende paar jaar te bou. Die wettigheid vir die verkoop van kerkbates kan gewysig word sodat grond en geboue vir sosiale en omgewingsbehoeftes gebruik word, nie net vir ekonomiese voordele nie. Sien