Print this page

Bid vir geestelike groei in lockdown

Gebaseer op 'n plasing deur Passion for the Nation: 'Prediker praat van 'n tyd en seisoen vir alles onder die hemel. Ons kan bid dat God se mense gedurende die vier inperkingsweke die geleentheid sal aangryp om Hom toe te laat om enige seer wat ons in ons harte het te genees, ons van verkeerde gesindhede en motiverings te reinig en ons eerste liefde vir Hom te herstel. Mag in die dae wat voorlê die krag van die Evangelie en die boodskap van die Koninkryk in groter mate deur ons land vrygestel word. Bid dat God se volk in die volle versekering sal staan dat Sy liefde, Sy woord en Sy verbond met ons nooit sal misluk nie; en vir 'n nuwe dringendheid om die gawes wat God ons gegee het met vrymoedigheid en groot moed in Jesus se naam te gebruik. “Want Ek weet watter planne Ek vir jou het, sê die Here, voorspoed en nie teenspoed nie, beplan om vir jou ’n toekoms en ’n hoop te gee.” (Jeremia 29:11)'