Print this page

Boris Johnson om groot Brexit-besluit te neem

Die eerste minister hoop op 'n mate van vordering by die huidige EU-raadsberaad in Brussel voordat hy onthul of hy wil hê dat die handelsooreenkoms-gesprekke moet voortgaan. Die tweedaagse beraad is die EU se eerste Brexit-vergadering sedert die begin van die koronaviruspandemie. Die samesprekings het op 15 Oktober begin, die dag wat die premier voorheen as sy finale afsnypunt vir 'n ooreenkoms gestel het. Op die vorige da het hy egter aangedui dat hy oor die uitslag van die beraad sal 'besin' voordat hy 'n besluit neem. Daar bly steeds groot verskille tussen die twee kante oor visvang, en die EU wil 'n ooreenkoms hê, maar nie teen 'enige prys' nie. Frankryk is vasbeslote om langtermyntoegang tot Britse waters te behou as deel van enige handelsooreenkoms; 'Brittanje se eise vir jaarlikse onderhandelinge oor visvangkwotas is onaanvaarbaar'. Bid dat God aan Downingstraat wysheid en krag sal gee oor polities sensitiewe kwessies.