Print this page

Christen-ouers dagvaar, ná dogter se dood

Die familie van kerkgaande tiener met spesiale behoeftes, Nora Quoirin, wat dood gevind is nadat sy verlede Augustus uit 'n Maleisiese oord naby Kuala Lumpur verdwyn het, dagvaar die hotel se eienaar vir beweerde nalatigheid. Nora het vermis geraak uit die kamer wat sy met haar broers en susters gedeel het. Haar lyk is gevind by 'n stroompie meer as 'n kilometer van haar verblyf af, ná 'n tien dae lange soektog rondom die oord. ’n Voorlopige nadoodse ondersoek het aan die lig gebring dat hongersnood en stres noodlottige dermbloeding veroorsaak het. Owerhede het ontvoering of verkragting as 'n motief uitgesluit, maar haar ouers het kommer uitgespreek oor die hantering van die ondersoek en versoek 'n openbare doodsondersoek om vas te stel wat die gebeure tot haar dood gelei het. Hulle glo sterk dat Nora se gestremdhede dit onwaarskynlik gemaak het dat sy op haar eie weggedwaal het. 'n Venster was oop, met sy grendel gebreek, die oggend wat sy verdwyn het. Die oord se hoofhek is oopgelaat sonder sekuriteit of kamerabewaking.