Burgemeesterskandidaat praat oor Christenvervolging

Shaun Bailey, konserwatiewe Londense burgemeesterskandidaat, sê die manier waarop Christene in die VK behandel word, is gelykstaande aan vervolging. 'n Londenaar, hy het gereeld oor sy Christelike geloof tydens sy politieke loopbaan gepraat. Terwyl hy voorberei om teen Sadiq Khan op te staan, is hy bekommerd dat sy geloof teen hom in die veldtog gebruik kan word. Hy het gesê: 'Ons word vervolg vir ons sienings. Mense sê dinge vir ons wat hulle nie vir mense sonder geloof of enige ander geloof sou sê nie. Ek dink dat omdat ons as 'n soort gevestigde geloof gesien word, mense toegelaat word om dinge te sê. Internasionaal voel mense dalk anders daaroor, maar dis hoe ek voel. Ek weet baie mense van geloof voel so as gevolg van wat oor hulle gesê word en wat hulle nie kan sê nie. Jy sal dit in my verkiesingsveldtog sien, dink ek.' Sien ook die wêreldartikel 'Die lewe word moeiliker vir Christene'.