Print this page

Ex-trans betreur die operasie

’n Christenman vra vir meer versigtigheid van mediese en geestesgesondheidsdienste nadat hy onomkeerbare geslagsveranderingsoperasie ondergaan het. Sy verhaal verteenwoordig 'n skerp waarskuwing aan ouers, die regering en mediese en opvoedkundige dienste, in 'n tyd wanneer syfers wat deur die NHS vrygestel is, 'n toename van 2 500% in verwysings na geslagsidentiteitsklinieke oor die afgelope dekade toon. Na 'n afspraak met 'n psigiater, ten spyte van selfmoordgedagtes en geestesgesondheidskwessies op sy mediese rekords, is hy outomaties op 'n waglys geplaas vir geslagsidentiteitskliniek met 'geen onderliggende mediese toestande'. Die NHS het vir die operasie betaal, waaroor hy nou baie spyt is en gesê: 'Wanneer ek sien en hoor van boeke soos "10 000 rokke" wat aan skoolkinders gelees word, sien ek dieselfde invloed wat my tot hierdie skadelike verslawing gelei het. Meer moet gedoen word om ons kinders te beskerm, nie om hulle aan te moedig om dieselfde vernietigende pad as ek te volg nie.'