Gejaag uit loopbaan vir Facebook-plasing

Seyi Omooba het die hoofrol gekry in die bekroonde musiekblyspel The Color Purple, gebaseer op Alice Walker se klassieke Amerikaanse roman. Die rolverdeling is aangekondig op dieselfde dag dat Seyi saam met haar pa, pastoor Ade Omooba (Christian Concern se medestigter), na Buckingham-paleis gegaan het om sy MBE te ontvang. Nadat die rolverdeling aangekondig is, is Seyi deur 'n ander West End-akteur gekritiseer omdat sy meer as vier jaar tevore die Bybel in 'n Facebook-plasing aangehaal het. Gevolglik het sy haar hoofrol verloor en is sy uit haar agentskap gelos. Met hulp van die Christian Legal Centre loods sy nou 'n regsuitdaging teen die teater en die agentskap. Die saak laat die vraag ontstaan of Christene Bybelse hoofstroomstandpunte in die openbaar kan huldig en uitdruk – of ons vryelik menings en interpretasies van kuns, letterkunde en drama kan uitspreek wat in stryd is met LGBT-ideologie.