Britse IS-vegters wat in Amerikaanse aanhouding geneem is

Twee van die sogenaamde 'IS Beatles' is uit 'n tronk wat deur die Koerdiese burgermag in die noorde van Sirië bestuur word na 'n veilige plek geneem wat deur die VSA beheer word. El Shafee Elsheikh en Alexanda Kotey word daarvan beskuldig dat hulle deel was van 'n IS-sel wat Westerse gyselaars ontvoer en vermoor het. Die twee is van Londen, en mnr. Trump het hulle beskryf as 'die ergste van die ergste'. Hy het gesê die besluit om hulle uit Sirië te verwyder is geneem 'in geval die Koerde of Turkye beheer verloor'. Die aankondiging het gekom nadat die VSA sy magte vandeesweek uit die streek onttrek het. Sien wêreldartikel - Sirië: bid in onrus.

  • Pray: for the thousands of IS fighters and their relatives in Syria’s prisons and camps to choose repentance, not revenge. (James 4:8-10)