’n BBC-onderrigvideo meld dat daar 100, indien nie meer nie, geslagsidentiteite sowel as manlik en vroulik is. Onder die 'vertroude volwasse' sprekers is die transgender-aktivis Leo Lardie, en die 9- tot 11-jariges kom ongemaklik voor terwyl sy oor haar geslagsdele praat. Sy sê mense wat transgenderisme kritiseer 'weet nog nie van beter nie'. 'n Gay hoofonderwyser sê vir die jongmense dat hulle nie net verskille tussen mense moet aanvaar nie, maar dit moet 'vier'. Laastens word die kinders gedreig om te konformeer deur te vertel dat 'mense tronk toe kan gaan as daar gewys word dat hulle mense minag of haatlik is as gevolg van 'n verskil wat daardie persoon sien'. Coalition for Marriage het gesê: 'Hierdie aansprake is onsinnig. Die videoreeks is veronderstel om onderwysers te help om sensitiewe onderwerpe op ouderdomsgepaste en eerlike maniere te hanteer. Dit doen ook nie.' Intussen mobiliseer 'n Christen-ma ouers teen LGBT-lesse.