Meer skole in Birmingham stop LGBT-klasse

Verlede week het ons gebid dat seksvoorligting die verantwoordelikheid van ouers sal wees, nie skole nie. Hierdie week het nog vier skole in Birmingham opgehou om oor LGBT-regte te onderrig na aanleiding van klagtes. Die No Outsiders-program in Birmingham sal nou opgeskort word totdat 'n ooreenkoms met ouers bereik is. Die debat het begin toe Parkfield Community School die lesse opgeskort het ná ouers se betogings. Kampvegter Amir Ahmed het gesê sommige Moslems voel 'geviktimiseer', maar 'n LGBT-groepleier het gesê No Outsiders het leerlinge gehelp om te verstaan dat dit reg is om anders te wees. Leigh Trust het gesê hy staak die lesse tot ná Ramadan, wat in Junie eindig. Ook het sewe laerskole in Manchester, wat gekontak is deur ouers wat ongelukkig is oor seks- en verhoudingslesse wat kinders van LGBT-regte leer, die skoolbestuur gevra om die insluiting van die lesse in die kurrikulum te bespreek.