Londen se besoedelingsvlakke steeds onbevredigend

Navorsing wat op 14 November gepubliseer is, toon dat Londen se lae-emissie verkeersone inwoners se blootstelling aan dieselenjinbesoedeling matig verminder het, maar die beter luggehalte het nie verbeterde longgesondheid onder kinders meegebring nie. Die resultate dui daarop dat terwyl lugbesoedelingsvlakke deur lae-emissiesones verminder kan word, ekstra maatreëls nodig is om lug skoon genoeg te lewer om gesondheid te verbeter. WGO sê benewens die besoedelingsprobleme wat deur dieselvoertuie veroorsaak word, het stikstofoksied – wat met asma en verswakte longontwikkeling by kinders verbind is – ’n groot probleem geword. Professor Chris Griffiths, mede-leier van die navorsing, het gesê: 'In baie gebiede van Londen bly lugbesoedeling steeds 'n groot probleem'.