'Bid vir my', sê Aasia Bibi

Aasia Bibi, 'n Christenvrou wat ter dood veroordeel is in Pakistan, het Christene in die VK aangemoedig om vir haar te bid. Die boodskap is oorgedra deur haar man Ashiq, wat na die VK gereis het om haar lot uit te lig. Hy het aan Premier gesê: 'Sy het vir my gesê dat die gemeenskap haar in hul gebede moet onthou, want dit is 'n internasionale land. Ek het internasionale druk nodig vir die vrylating van Aasia Bibi.' Hy het gesê dat haar opsluiting sedert 2009 nege jaar van lyding vir die hele gesin beteken het. Hy het bygevoeg, 'Sy het altyd gesê dat Jesus haar lewe is en sy leef in die naam van Jesus, en vertrou dat hy haar sal help.' Vir verdere inligting oor Aasia se saak, sien