Die volgende is deel van 'n Gebed vir die Nasie publikasie. 'Ons dank U Here, vir diegene wat getrou gedien het in ons Sondagskole, kinderkerke en organisasies oor die jare. Nou verklaar ons dit is 'n nuwe dag, en ons verklaar dat dit die tyd is vir 'n nuwe beweging van U Gees onder die kinders van ons land. In die Naam van Jesus roep ons diegene wat vars openbaring en kreatiewe idees dra, in staat om U kinders met relevansie, lewe en diepte te onderrig. Ons dank U vir die nuwe wynsakke wat U vrystel rakende kinderbediening, en ons praat verskuiwing en verandering in enige kurrikulum, plan of metodologie wat van die ou seisoen is. Ons bepaal dat die kinderbedieninge van hierdie land die uitdaging en geleentheid van die dag sal aangryp. Ons verklaar, Here, U volk sal gewillige vrywilligers wees in hierdie dag van U krag.'