Gebombardeerde kerk heropen vir Bristol se jongmense

’n Kerk in Bristol, wat gesluit is nadat dit tydens die Tweede Wêreldoorlog bomskade opgedoen het, sal heropen word met ’n visie om Jesus aan die stad se jong volwassenes en kwesbare mense bekend te maak. Ds Toby Flint, voorheen 'n hoofpastoor by Holy Trinity Brompton in Londen, gaan St Nicholas in Baldwinstraat lei. Hy het gesê: 'Ons is baie opgewonde daaroor dat ons genooi is om die kerk te heropen en te herstel tot sy oorspronklike doel, wat die liefde van God demonstreer. Ons wil voortbou op die diep fondamente van geloof in die stad, om kerk vir 'n nuwe generasie te herverbeeld, en ons rol speel om die behoeftes van die mees benadeeldes in Bristol te voorsien.' Bristol, die omgewing vir twee groot universiteite, het die afgelope jare 'n toestroming van studente en jong professionele persone ervaar. Daar word beraam dat 60% van die mense wat in die middestad woon, tussen 15 en 29 jaar oud is.