Print this page

Skotland: asielsoekers verwerp

Meer as 300 Glasgow-asielsoekers word deur Serco, 'n staatsdiensverskaffer, met uitsetting gedreig. Ds Dr Richard Frazer het gesê dit is onaanvaarbaar dat mense wat uit oorlog vlug so behandel word. 'Owerhede het duidelike morele verantwoordelikhede om behuising aan mense in nood te verskaf. Serco beoog om mense uit te sit wie se Britse asiel afgekeur is, en het ses gesinne beveel om binne 'n week uit te trek, voordat die slotte op hul deure verander word. Dr Frazer het gesê dat hoewel individue en gesinne hul reg om te bly afgekeur het, bewyse uit die verlede toon dat die helfte hul appèl teen daardie besluit sal wen. Die Kerk van Skotland steun 'n nuwe veldtog om die Britse regering se benadering tot onwettige immigrasie uit te daag, wat lei tot armoede, diskriminasie en wantroue. Sien