Amesbury - nog 'n novichok-vergiftiging

Charlie Rowley (45) en Dawn Sturgess (44) het siek geword by 'n huis in Amesbury en bly in 'n kritieke toestand nadat hulle blootgestel is aan Novichok, dieselfde senuwee-agent wat die oud-Russiese spioen Sergei Skripal vergiftig het. Daar was niks in hul agtergrond wat daarop dui dat die paar geteiken is nie. Neil Basu, assistent-kommissaris van die metropolisie, het gesê hulle kan nie bevestig of die senuweemiddel van dieselfde groep afkomstig is nie, maar die moontlikheid is 'duidelik 'n lyn van ondersoek'. Chemiese wapenkenner Richard Guthrie sê die Novichok wat op die Skripals gebruik is, is moontlik lukraak weggedoen. Ben Wallace, minister van veiligheid, sê hy kan nie waarborg dat mense 100% veilig is teen verdere besmetting nie. Die gebiede rondom Amesbury en Salisbury waar die egpaar gegaan het die dag toe hulle siek geword het, is afgesper en die polisie het die publiek gewaarsku om enigiets op te tel as hulle nie weet wat dit is nie. Bid vir die slagoffers se herstel en vir suksesvolle gedetailleerde ondersoek van potensieel gevaarlike gebiede.