Print this page

Al Quds-dag

Al Quds-dag (Jerusalem-dag in Arabies) is in 1979 deur Iran geïnisieer om Palestyne te ondersteun en Israel se bestaan en regte op Jerusalem teen te staan. Saamtrekke word wêreldwyd gehou: Engeland se optog vind op Sondag 10 Junie in sentraal-Londen plaas. By verlede jaar se optog is Hezbollah-vlae gehys, wat 'n gat in die Britse wet uitgebuit het, wat ondersteuning vir Hezbollah se politieke vleuel toelaat, terwyl sy militêre vleuel verbied word. Hezbollah self maak geen onderskeid nie. Die polisie het op 30 Mei gesê hulle kan nie keer dat mense wat Hezbollah-vlae (versier met masjiengewere) op die Londense optog laat vlieg nie, al is Hezbollah 'n erkende antisemitiese organisasie. Diegene wat verlede jaar die optog gelei het, het in die openbaar verklaar: 'Die staat Israel moet gaan', 'Almal weet dat Israel en IS dieselfde is', en 'Sionistiese ondersteuners van die Tory Party is verantwoordelik vir die moord op die mense in Grenfell'. Sien