Paasfees is 'n wonderlike geleentheid vir evangelisasie. Bid dat die liggaam van Christus regoor ons nasies elke geleentheid sal erken om met die mense wat hulle gereeld ontmoet oor Paasfees se werklike betekenis te praat. Bid dat elke kerk denominasie deur God gesalf sal word om te gaan waar Hy hulle stuur. Bid vir 'n vars Heilige Gees wat dit moontlik maak dat God se mense alles doen waarvoor Hy hulle geroep het, en dat die Kerk al sy hulpbronne sal gebruik om met krag die lewens van diegene te beïnvloed wat nog nie die prys besef wat Jesus vir hulle betaal het nie. Mag elke Paasdiens 'n geleentheid wees van bonatuurlike ontdekking van Bybelse waarhede. Bid ook vir kerkgebaseerde kursusse en inisiatiewe soos Alpha om op die sosiale toneel te ontplof en invloedryke lewensveranderende brûe te bou in gemeenskappe wat nog nie geraak is deur Heilige Gees-geleide evangelisasie nie. Mag die Kerk sien dat gebed en sending kragtig verenig word en wonderlike resultate behaal.