Meghan Markle gedoop

Meghan Markle is die aand van 6 Maart deur Justin Welby gedoop en bevestig tydens 'n privaat seremonie by die Chapel Royal. Meghan is as Protestant grootgemaak, het na 'n Katolieke skool gegaan en het voorheen met 'n Joodse man getrou. Sy sal op 19 Mei met prins Harry by St George's Chapel in Windsor-kasteel trou. Die besluit vir haar om voor die troue gedoop en bevestig te word, sal gesien word as 'n knipoog vir die koningin se sterk geloof en tradisies binne die monargie.