80-jarige ontmoet Jesus

Jason en Nisae Williamson plant 'n kerk onder die Iski-mensegroep in Papoea-Nieu-Guinee. Anka, ’n bejaarde man, is na hul dorpie gestuur sodat hy die goeie nuus kon hoor, aangesien die gelowiges in sy gesin bekommerd was oor sy ouderdom en verswakkende gesondheid. Anka is ten minste 80 met 'n tasbare vrees vir die dood. Plaaslike godsdiensleiers het gesê hy moet sy weg na die hemel verdien, en hy moet die geeste aanbid en paai. Die Williamsons het gebid dat Anka Jesus sou ontvang voordat hy sterf. Na vier maande se oggend Bybelstudie, was Anka oorvol van vreugde: 'Nou weet ek dat Jesus vir my sondes betaal het en ek is 'n kind van God. Ek is nie meer bang vir die dood nie, ek sal sterf en by God wees!' Hy was wedergebore en is met die Gees vervul.