Print this page

Seksskandale in die parlement en Oxfam

Ná die seksskandaal rondom die Hollywood-magnaat Harvey Weinstein, is verskeie senior regeringsministers nou beskuldig van onvanpaste seksuele gedrag in 'n dossier wat in Westminster sirkuleer. Toe het die media op 2 November berig dat verdedigingsekretaris sir Michael Fallon bedank het oor beskuldigings van onvanpaste gedrag. 'n Woordvoerder van die Eerste Minister het gesê enige ongewenste seksuele gedrag is 'heeltemal onaanvaarbaar in enige lewensterrein'. Intussen is dit aan die lig gebring dat Oxfam die afgelope jaar 22 werknemers afgedank het weens bewerings van seksuele misbruik. Kommer neem toe oor Oxfam se bestuur van oorsese netwerke. Bid dat alles wat in die handel, nywerheid en die gewapende magte versteek is, geopenbaar word, en dat alle vroue as professionele persone en as gelykes behandel word. Sien: