Is dit nie 'n wonderlike waarheid dat ons deur Jesus verlos kan word van ons verlede, 'n nuwe begin kan maak en in verhouding kan tree met die lewende God nie? Oud-oortreders weet hoe vorige optrede hul vryheid en toekoms beïnvloed het. Ons bid vir hul suksesvolle hertoetrede tot die samelewing. Met God se hulp kan dit 'n ware en blywende verandering wees.
( Michael Pollard, Gevangenis HOOP)