Britse sendelinge in Nigerië ontvoer

Op 13 Oktober is vier Britte in Nigerië se suidelike Delta-staat deur gewapende mans weggeraap. Die streek hou die meeste van die land se ru-olie en is Nigerië se ekonomiese steunpilaar. Ontvoering vir losprys is algemeen in dele van Nigerië, en verskeie buitelanders is die afgelope paar jaar geneem. Die ontvoerders het nog nie kontak gemaak nie. Diegene wat ontvoer is, is na berig word die voormalige huisdokter David Donovan en sy vrou Shirley wat New Foundations saam met hul twee seuns bestuur. Hulle het al veertien jaar lank Bybelklasse, 'n bootkliniek en gesondheidsorgsentrum daar gehou. Vier verdagtes is in hegtenis geneem en 'n gesamentlike taakspan sal probeer om die gesin te red. Reisigers na Nigerië word tans gewaarsku om nie na dele van die Delta-staat te gaan nie. Sien: