'n Regter van die familiehof het beveel dat 'n vyfjarige Christenkind, wat by streng Moslem-pleegouers geplaas is, by haar Moslem-ouma moet woon. 'n Interne dokument wat deur die Tower Hamlets-raad uitgelekt is, sê die kind is 'baie benoud' nadat haar pleegouers 'n halssnoer met 'n Christelike kruis by haar geneem en haar verbied het om spek te eet. Regter Khatun Sapnara het dié besluit op Tower Hamlets se versoek geneem. Die Kinderkommissaris, Anne Longfield, het gesê haar kantoor sal Tower Hamlets kontak met vrae oor die plasing van 'n Christenmeisie by twee Moslem-pleeggesinne binne ses maande. Mediaberiggewing oor die saak is gekritiseer deur die Moslem-gemeenskap, wat gesê het die familietwis is aangegryp in 'n poging om Islam te demoniseer.