'Passion for the Nation' het hierdie gebed gister versprei, in reaksie op die terreuraanval by Westminster: 'Here, ons spreek U genesing, vertroosting en sterkte aan elke persoon wat in die Westminster-aanval beseer is en aan die familielede van almal wat vermoor is. In die Naam van Jesus verklaar ons dat 'n geestelike wag toenemend in ons land gevestig sal word, en ons roep die Kerk na 'n nuwe vlak van waak en gebed. Mag God se wagte geplaas word oor die hoogtes van ons nasie, oor ons stede, grense, strate en alle hoë-profiel plekke. Ons verklaar 'n toename in goddelike verbindings met burgerlike owerhede in hierdie seisoen. God se planne is ten goede en nie vir die kwaad nie, daarom bid ons in die Naam van Jesus vir God se planne vir vrede, genade en hoop oor en teen elke plan en doel van Satan om vrees en verdeeldheid in ons land te bring.' Vir die volledige verklaring, klik die 'Meer'-knoppie.