Print this page

Skotland se ongekende tye en verdeeldheid

Nicola Sturgeon het gevra vir 'indyref2'; Theresa May het aangedui dit sal nie in die tydsraamwerk gebeur nie. Holyrood se debat Woensdag, met 'n stemming geskeduleer vir 17:30 om die Britse regering te vra om in te stem tot 'n tweede onafhanklikheidsreferendum, is opgeskort ná die terreuraanval buite Westminster. Die debat en stemming sal nou volgende Dinsdag voortgaan. Die volgende dag, Woensdag, sal die formele 'snellering' van Artikel 50 begin met onderhandelinge om die EU te verlaat. Baie Skotte neem weer die diepgewortelde posisies in wat gemeenskappe en gesinne gedurende die laaste onafhanklikheidsveldtog verdeel het. Ander is verward en angstig oor die toekoms.