Lede van die Kerk van Engeland se regerende liggaam het gestem om nie 'kennis te neem' van 'n omstrede verslag oor homoseksualiteit en selfdegeslaghuwelike nie. Die verslag deur die House of Bishops (sien Gebedswaarskuwing 05-2017, gedateer 3 Februarie) het gevra vir 'n 'kultuur van verwelkoming en ondersteuning' vir gay Christene, maar volgehou dat die huwelik in die kerk slegs tussen 'n man en 'n vrou moet wees, en dienste moet nie gehou word om selfdegeslagverhoudings te seën nie. Na ure se debat het die House of Bishops oorweldigend (43 teen 1) ten gunste van die verslag gestem, en die House of Laity het dit met 106 stemme teen 83 gesteun. Maar die verslag moes steun in al drie huise kry, en die geestelikes het dit met 100 stemme teen 93, met twee onthoudings, verwerp. Biskoppe sal nou 'n nuwe verslag oor die kwessie moet opstel. Die besluit is verwelkom deur kampvegters vir LGBT-regte, van wie sommige 'n betoging voor die debat gehou het. Lucy Gorman, 'n aktivis en Sinodelid van York, het gesê: 'Dankie Sinode. Met daardie stem het ons 'n boodskap na die buitewêreld gestuur.' Die aartsbiskop van Canterbury, Justin Welby, het die debat afgesluit met 'n oproep vir ''n radikale nuwe Christelike insluiting'.