Print this page

Londense burgemeester beskuldig van dubbele standaarde

Nigel Farage, voormalige UKIP-hoof, het Sadiq Khan, burgemeester van Londen, van skynheiligheid beskuldig omdat hy Amerikaanse president Trump se reisverbod aangeval het terwyl hy ambassadeurs van lande genooi het wat toegang tot Israeliese burgers weier. By 'n vergadering Dinsdagaand in die stadsaal het Khan Trump se sogenaamde 'Moslem-verbod' veroordeel omdat dit 'n 'wrede, bevooroordeelde en teenproduktiewe' beleid is. Ook by die onthaal was diplomatieke verteenwoordigers van elf van die sestien lande wat nie toegang tot Israeli's toelaat nie. Farage het na Twitter gegaan om die Londense burgemeester 'n huigelaar te noem. LSE-professor en Midde-Ooste-kenner Fawaz A Gerges het egter aan die Independent gesê dat die twee situasies totaal verskil. 'Trump se verbod is 'n Moslem-verbod, gebaseer op godsdiensdiskriminasie en rassediskriminasie. Die verhouding tussen Israel en sy Arabiese bure is een van oorlog sedert 1947 – vir die laaste 70 jaar. Deur vergelyking te probeer afdwing, vlieg dit net in die gesig van die werklikheid, dis appels en lemoene, lug en see,” het hy gesê. 'Wat Trump gedoen het, het Amerika as 'n morele stem in die wêreld ondermyn.'