Kolossense 4:2-3: 'Wy julle aan gebed, wees waaksaam en dankbaar. En bid ook vir ons dat God 'n deur vir ons boodskap mag oopmaak, sodat ons die verborgenheid van Christus kan verkondig, waarvoor ek in boeie is.' Ons het in die Talking Jesus-navorsing (www.talkingjesus.org) ontdek dat een uit elke vyf van die mense met wie ons oor Jesus praat, meer wil weet. Sluit dus by ons aan terwyl ons elkeen bid vir vyf van ons vriende of familielede wat Jesus nie ken nie. Jy kan 'n alarm op jou foon stel om jou elke dag te herinner om vir jou vyf te bid. Bid dat jy geleenthede kry om oor Jesus met hulle te deel en dat hulle Jesus self kom volg.
(Geskryf deur Dr Rachel Jordan-Wolf, Church of England)