Dit is week 1 van die Vrydagfokus 2017-inisiatief wat die geleentheid bied vir ons om te bid waar ons is, en oor ons nasies heen te verenig, alle voortgaande sending te ondersteun en die weg voor te berei vir toekomstige sending. HOPE se doel (saam met die World Prayer Centre) is om te sien dat die hele kerk gedurende 2018 gemobiliseer word om Jesus bekend te maak. Johannes 3:16: 'Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.' As gevolg van Jesus kan ons die vrye gawe van die ewige lewe saam met Hom hê. Dank vir Jesus se dood en opstanding. Bid dat kerke sal saamwerk deur beide woorde en dade te gebruik om Jesus bekend te maak. Oorweeg hoe kerke in jou omgewing kan saamwerk om 'n ritme van sending deur 2018 te beplan, veral tydens Paasfees, Oes en Kersfees. (Geskryf deur Roy Crowne, HOPE se Uitvoerende Direkteur)