Sommige staar 'n pynlike Kersfees in die gesig

Die dood van iemand vir wie ons lief is, wat vir ons saak maak, is 'n verwoestende ervaring. Ons word gekonfronteer met die pynlike en uitdagende taak om alles wat rou bring te hanteer en met die uitdaging om 'n nuwe sin van lewe en doel te vind. Dit alles neem tyd - byna altyd langer as wat ons dink - en hulp van baie soorte kan nodig wees. Met Kersfees ervaar baie weduwees, wewenaars, weeskinders, broers en susters van naasbestaandes 'n besondere pyn gemeng met seisoenale vieringe. Bid asseblief vir almal vir wie Kersfees nie 'n tyd van blydskap en 'vrolik maak' is nie, maar 'n tyd van hartseer weens verlies van geliefdes in hierdie tyd.

  • Pray: for those recently bereaved to know the love and comfort of the Father. (2 Cor.1:3-4)