Print this page

Politieke partye in oorgang of wanorde

Ná die tweede rondte van stemming deur konserwatiewe LP’s gister, is die twee oorblywende kandidate Theresa May, die minister van binnelandse sake, en Angela Leadsom, minister vir energie en klimaatsverandering. Daar sal 'n posstemming deur die Konserwatiewe Party-ondersteuners wees om die uitslag te bepaal: die wenner sal die volgende Eerste Minister word. Intussen is dit nog onseker of Jeremy Corbyn 'n uitdaging aan sy leierskap van die Arbeidersparty in die gesig staar, en Nigel Farage het aangekondig dat hy uittree as leier van die United Kingdom Independence Party (UKIP), wat Brexit ondersteun het.