'n Interne resensie deur die BBC sê die inhoud daarvan is 'te Christelik' en moet meer gebalanseerd wees. Aaqil Ahmed, 'n Moslem en die BBC se hoof van godsdiens en etiek, het 'n verslag saamgestel wat voorstel dat die maatskappy meer lugtyd aan Moslem-, Hindoe- en Sikh-gelowe moet gee. Een voorstel is dat die BBC Vrydag-gebede uit 'n moskee soortgelyk aan Songs of Praise op Sondae uitsaai. Ahmed het in 'n verklaring gesê hulle kyk na die aantal ure wat hulle produseer, en meet dit aan die godsdienstige samestelling van die samelewing. Die aantal Moslems het in tien jaar verdubbel tot drie miljoen. Volgens The Daily Telegraph het omstredenheid Ahmed se aanstelling in 2009 omring oor bewerings dat hy 'n pro-Islam-vooroordeel in sy vorige posisie by Channel 4 getoon het. Die Moslem-raad van Brittanje het gesê: 'Ons sal nie wens dat Christene minder blootstelling moet hê nie.'