Print this page

Invictus Games-wenner prys NHS

’n Amerikaanse soldaat het haar Invictus Games-goue medalje aan die hospitaalspan gegee wat haar lewe in die Papworth-hospitaal in Cambridgeshire gered het. Die swemmer (25) van Arizona, het ernstig siek geword toe sy met 'n longtoestand ineengestort het op die vooraand van die eerste wedstryde in Londen in 2014. 'Hulle het absoluut my lewe gered en ek kan nie die VK genoeg bedank vir die soort van mediese ondersteuning en so goed na my omsien. So ek het vir prins Harry een van my medaljes gegee en hoop dit sal sy pad terug vind na Papworth.' Sy het ook hulde gebring aan die NHS en gesê: 'Dankie. Ek sal jou nooit kan terugbetaal nie, maar wat jy doen is wonderlik.'