’n Christenstudent is van ’n universiteitsmaatskaplikewerkkursus verwyder nadat hy opmerkings op sy persoonlike Facebook-blad gemaak het ter ondersteuning van Bybelse leer oor huwelike en seksuele etiek. Na 'n 'Fitness to Practice Committee'-verhoor by Sheffield Universiteit, is tweedejaar Meestersgraadstudent Felix Ngole, 38, 'uitgesluit van verdere studie op 'n program wat lei tot 'n professionele kwalifikasie' en word 'nie meer as 'n Universiteitstudent erken nie.' Mnr. Ngole is meegedeel dat die komitee glo dat deur sy kommentaar op Facebook te plaas, hy moontlik aanstoot vir sommige individue veroorsaak het en grense oorskry het wat nie as geskik geag word vir iemand wat die beroep betree nie. Sy menings sal 'n uitwerking hê op sy "vermoë om 'n rol as maatskaplike werker te vervul," het die komitee gesê. Mnr Ngole appelleer teen die besluit en word deur die Christian Legal Centre ondersteun.