Engelse koninklikes praat selde van hul oortuigings, maar koningin Elizabeth II het oor haar geloof geskryf in 'n voorwoord tot 'n nuwe boek getiteld The Servant Queen and the King She Serves. Sy het geskryf: 'Ek was - en bly - baie dankbaar teenoor jou vir jou gebede en vir God vir Sy standvastige liefde. Ek het inderdaad Sy getrouheid gesien.' Die boek, wat lesers ’n kykie gee in Haar Majesteit se godsdiensoortuigings, is gesamentlik deur drie Christelike liefdadigheidsorganisasies geskryf – HOPE, die Bybelgenootskap en LICC. Dit sal nie vir kommersiële gewin gebruik word nie, 'n voorwaarde waaraan voldoen moes word sodat die koningin kon instem om die voorwoord te skryf, waarin sy ook na probleme in die Midde-Ooste verwys en sê die wêreld sien lyding op 'n ongekende skaal . Die Bybelgenootskap sal die boek in April publiseer, ter viering van die Koningin se 90ste verjaardag.