Die visie van die Global Outreach Day is om 'n netwerk van Christene wêreldwyd op te bou, hulle toe te rus en te mobiliseer om die Evangelie op een enkele dag aan meer as 200 nasies te deel. Waaroor gaan dit? Dit gaan daaroor dat JY die evangelie op enige moontlike manier deel aan mense wat dit nooit gehoor het nie of nog nie wedergebore Christene is nie en daardie mense tot verlossing in Jesus lei. Daar is duisende maniere om dit te doen, hetsy persoonlik of saam met 'n groep of 'n kerk. Bereik ten minste EEN persoon met die Evangelie op Global Outreach Day! Reik uit na die mense, moenie wag dat hulle na jou toe kom nie! Alhoewel baie Christene mense met die Evangelie wil bereik, voel hulle beperk en ontoereikend, soms nie eers geroepe om dit te doen nie. Ons bied geestelike en praktiese opleiding vir jou om 'n werklike deurbraak in persoonlike en korporatiewe evangelisasie te ervaar! Laat ons jou help om jou potensiaal vry te stel - klik op die 'Meer'-skakel.