Kinders en volwassenes sterf onnodig aan asma-aanvalle, volgens 'n verslag deur kundiges wat Dinsdag gepubliseer is, wat bevind het dat pasiënte in 'n kwart van die noodlottige gevalle minder as bevredigende sorg ontvang het. Selfvoldaanheid rondom die siekte – wat sowat 1 200 mense per jaar doodmaak – moet beëindig word, lui die verslag deur die Royal College of Physicians. Die National Review of Asthma Deaths is die grootste studie wat nog ooit oor die onderwerp gedoen is. In die ondersoek is gevind dat daar in 83% van die gevalle ruimte vir verbetering was. Dr Kevin Stewart, kliniese direkteur het gesê 'Hierdie kommerwekkende statistieke kan en moet in die volgende dekade omgedraai word. Elke pasiënt moet 'n persoonlike asma-aksieplan hê om hulle te help om te herken wanneer die siekte vererger en hulp te soek'.