Opleiding in gemeenskapsuitreik voor 2012 Spele

Kerke moet opgelei word om gemeenskapsfeeste te bestuur as deel van hul uitreik tydens die 2012 Olimpiese Spele in Londen. Dertien opleidingsgeleenthede sal oor die komende maande plaasvind om kerke te wys hoe hulle eenvoudige geleenthede kan aanbied wat gemeenskapsgees bou en die Evangelie demonstreer. Organiseerders hoop kerke sal saamwerk om 'n fees in hul gemeenskap te hou in aanloop tot of tydens die Spele. Die opleidingsgeleenthede word gekoördineer deur More than Gold, die liefdadigheidsorganisasie wat toesig hou oor kerkuitreik tydens die 2012 Olimpiese Spele, en word bestuur deur Fusion and Share Jesus International, wat twee alternatiewe modelle van fees bied. Plekke sluit in Londen, Newcastle, Oxford, Reading, Preston, Croydon, Liverpool en Aylesbury. David Willson, uitvoerende hoof van More than Gold, het gesê: 'dit is tyd dat kerke hul eie planne maak. Hierdie toer gee hulle die hulp wat hulle nodig het.'

Bid: vir 'n groot reaksie deur kerk en ander Christelike groepe om die uitreik tydens die Olimpiese Spele te ondersteun. (Mark.16:15)

Meer : http://www.christiantoday.co.uk/article/churches.training.in.community.outreach.ahead.of.2012.games/27741.htm