Print this page

Gebed en kloklui om Olimpiese Spele af te skop

Kerke regoor die VK word opgeroep om te bid en hul klokke te lui op die eerste dag van die Olimpiese Spele. Die Londense reëlingskomitee (LOCOG) vra mense om klokke vir drie minute te lui, vanaf 08:12 op 27 Julie. LOCOG moedig 'enige klokkie, enige iemand, enige tyd' aan. More Than Gold, die groep wat kerklike uitreik tydens die 2012 Spele aan die spits staan, vra kerke oral om hul klokke te lui en te bid 'vir God se Koninkryk om te kom en vir 'n wending in ons nasies'. Dit sal ook 'n geleentheid wees om die einde van More Than Gold se 70-dae gebedsaflos te vier, wat die Olimpiese fakkelaflos vergesel het. Knuppels wat gebede bevat is van gemeenskap tot gemeenskap oorhandig en soos die fakkel en die gebedsaflos deur elke gebied gereis het, het individue en kerke tyd geneem om vir die Spele en die betrokkenes, sowel as vir hul eie gemeenskappe te bid.

Bid : dat al die gebede wat aangebied word, sal lei tot God se seën vir almal wat betrokke is by die Spele. (Gen.12:2)

Meer : http://www.christiantoday.com/article/prayer.and.bell.ringing.to.kick.off.olympics/30287.htm