Pakistanse Christene bid vir span

Pakistani's is baie opgewonde om te sien hoe hul spelers hul beste vertoning wys en 'n boodskap van vrede aan die wêreld stuur. Sportbyeenkomste het etlike jare lank uitdagings in Pakistan ondervind. Die herinnering aan die wen van titels bring glimlagte terug en bied 'n kans aan mense van alle vlakke van die samelewing om fees te vier. Volgens die Pakistanse Olimpiese Vereniging, 'Daar is 18 hokkiespelers, twee atlete, twee swemmers, 'n skut, 23 spelers en 16 beamptes wat aan die 2012 Olimpiese Spele deelneem.' Assist News Service Pakistan het met baie Christelike sportspelers en verskeie ander mense gepraat om uit te vind wat hulle oor die Olimpiese Spele 2012 sê, en wat hulle van hul spelers verwag. Johnson Gill Christelike krieketafrigter en Evangelie-predikant het gesê: 'Ek is saam met my span, en wens hulle sterkte toe, want Pakistan moet gou goue medaljes wen om die Spele na Pakistan terug te bring.'

Bid: dat internasionale onpartydigheid en die ware Olimpiese gees regdeur die Spele geopenbaar sal word. (Spr.22:1)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/pakistani.christians.praying.for.their.olympic.team/30365.htm