Olimpiese boogskutter, Jennifer Nichols (28), van Cheyenne, Wyoming, is 'n toegewyde Christen van Texas wat daarop ingestel is om 'n goue medalje in die komende spele in Londen te wen. "Ek troos my in die wete dat ek hier is omdat die Here my hierheen gebring het en ek is bly om te kan bied wat ek ook al kan om die Here te kan verheerlik in wat ek doen," het Nichols gesê "Ek memoriseer baie van die Skrif om op te sê terwyl ek skiet,' voeg sy by. 'Ek dra 'n boekie in my koker met Bybelverse in wat ek memoriseer terwyl ek heen en weer na die teiken stap. En soms sal ek hulle opsê terwyl ek op die lyn skiet. Dit speel 'n groot rol.' Dank God vir Jennifer se getuienis en bid dat God haar sal seën.
Bid : vir Jennifer se getuienis en dat die deel van die Woord baie seëninge sal bring. (Hand.22:15)
Meer : http://www.breakingchristiannews.com/articles/display_art.html?ID=10316