Meer kerke het ingeskryf vir Olimpiese Spele se uitreik

Meer kerke in die VK raak agter planne vir gesamentlike uitreik tydens die Olimpiese Spele in Londen 2012 as met enige vorige Spele. Met net meer as 'n jaar oor voordat die Spele na die hoofstad kom, is kerke besig om hul planne op te stel vir gekoördineerde uitreik en betrokkenheid tydens die Spele. David Willson, uitvoerende hoof van More than Gold, die sambreelgroep vir uitreik tydens die Spele, het kerkbetrokkenheid in Sydney, Athene, Beijing en Vancouver gekoördineer. Hy het gesê daar was meer kerke en agentskappe wat agter die Olimpiese Spele in Londen kom as met enige ander Spele voorheen. Voorsitter van More than Gold, Lord Brian Mawhinney, het vandeesweek sy opgewondenheid by die Christian Resources-uitstalling in Esher, Surrey, uitgespreek en gesê: 'Daar is selfs aan my voorgestel dat More Than Gold heel moontlik die grootste onderneming van inter- kerklike samewerking wat die Verenigde Koninkryk nog ooit gesien het.'

Bid: vir hierdie Olimpiese uitreik en almal betrokke by die voorbereiding daarvoor. (Lev.9:23)

Meer: http://www.christiantoday.co.uk/article/more.churches.signed.up.to.olympics.outreach.than.ever.before/27985.htm