Print this page

Vier Paralimpiese vlamme het rondom die Verenigde Koninkryk aangesteek

Vier Paralimpiese vlamme is aan die bopunt van die hoogste pieke van Engeland, Wallis, Skotland en Noord-Ierland aangesteek voor volgende week se Spele. Hulle is geskep op Noord-Ierland se Slieve Donard, Snowdon in Wallis, Skotland se Ben Nevis en op Scafell Pike in Engeland se Lake District. Vier spanne het die hoogste pieke van die tuislande bestyg om die vlamme te laat opvlam wat Dinsdag by Stoke Mandeville bymekaar sal kom. Die Spele begin die volgende dag. Die vlamme word in lanterns afgedra voor vieringe in Londen, Edinburgh, Cardiff en Belfast oor die Bank Holiday-naweek. ’n 24-uur-aflos sal Stoke Mandeville, die geestelike tuiste van die Spele, verlaat om betyds in Stratford aan te kom vir die openingseremonie in Londen.

Bid: dat die vlamme weer die nasies sal verenig.

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/uk-19333610