Josh Davis is 'n swemmer wat drie goue medaljes by Atlanta in 1996 en nog twee medaljes by die 2000-spele gewen het. Hy is nou 'n voltydse motiveringspreker en spreek sekulêre en kerklike gehore minstens 70 keer per jaar toe en het 'The Goal and the Glory' geredigeer. Hy was die enigste man by die 1996 Atlanta Olimpiese Spele wat drie goue medaljes gewen het. Hy reis deur Amerika en vertel mense hoe groot God is en herinner homself dat selfs al is sy swaarverdiende Olimpiese medaljes nou ingeduik en gekrap van hantering, God se Woord is ewig. Sien http://www.christianpost.com/news/interview-olympic-gold-medalist-josh-davis-on-christian-athletes-the-games-and-michael-phelps-78742/#8WQwtMMH3q4iTBpw.99 Om 'n Christen te wees in 'n sekulêre klub of span kan uitdagend wees en in die VK gee 'Christians In Sport Network' Christene die geleentheid om ander Christene wat aktief betrokke is by hul sport te vind en in te skakel. Daar is tans 15 verskillende mans- en vrouesportsoorte wat sportspesifieke hulpbronne, opleiding en geleenthede verskaf om gelowiges te help leef en hul geloof in hul span of klub te deel.
Bid: dat Christelike sportinisiatiewe en Christelike atlete sal skitter tydens en na die Olimpiese seisoen. (Heb.12:1,2)
Meer: http://www.christiansinsport.org.uk/networks.asp?section=25§ionTitle=Sport+Networks