Seksueel gelaaide poplirieke en video's beskadig jong kinders, maar die bedryf gee nie om solank dit geld maak nie, het 'n nasionale koerantrubriekskrywer gesê. Sandra Parsons het die popster Rihanna se liedjie S&M uitgelig wat seksueel eksplisiete lirieke insluit, asook 'n musiekvideo deur die rapper Skepta en 'n liedjie deur die kunstenaar Jessie J. Die rubriekskrywer is bekommerd oor die effek op kinders, maar was skepties oor of die bedryf sal omgee 'oor die emosionele stabiliteit van die kinders wat hulle al hoe ryker maak. Wat kinders voor volwassenheid sien, hoor en doen, kan verreikende gevolge hê' skryf sy. 'Kan ons eerlik sê dat die seuns wat na al hierdie hoofstroomliedjies luister wat aggressiewe seks verheerlik, nie later op 'n afstand geaffekteer sal word nie? Tieners is 'n maklike teiken vir 'n siniese musiekbedryf wat steeds meer pornografiese beelde en lirieke uitpomp om plate te verkoop.'
Bid: dat die publieke en politieke opinie die musiekbedryf sal sensuur en hulle dwing om hul ongekontroleerde druk van pornografiese materiaal te beperk. (Eseg.16:58)
Meer: http://www.christian.org.uk/news/pop-porn-is-harming-young-children-columnist-warns/